Op en WakkerOp en Wakker

Sioniste Federasie in SA veroordeel Hamas-aanvalle

View descriptionShare
Duidende mense is dood of gewond in die bloedigste konflik in 50 jaar in Israel. Hamas het vroeg Saterdagoggend Israel vanuit die Gaza-strook aangeval. Israel se weermag is besig om meer as 300 000 reserviste te mobiliseer. Meer as 900 Israelse burgers en 600 Palestynse burgers is al dood in die gevegte. Talle vrae word gevra oor hoe dit moontlik is dat Israel se intelligensiedienste nie die aanval sien kom het nie. Baie wêreldleiers het die aanvalle veroordeel, en 'n beroep gedoen vir die afskaling van die oorlog. Lande soos Iran, Katar en Saoedi-Arabië het gesê dis Israel se skuld dat hulle aangeval is, weens die jare lange onderdrukking van Palestyne. Dis ook die mening van die ANC en die EFF. Ons praat hieroor met die woordvoerder van Sioniste Federasie in Suid-Afrika, Rolene Marks. Sy is tans in Israel.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 6,785 clip(s)