Sondag is internasionale dag vir mense met gestremdhede. Innovation for the blind, voorheen bekend as die Instituut vir Blindes, het met groot moeite die regte vir Dalene Matthee se " 'n Mens weet nooit" bekom en 'n radiodrama opgevoer. RSG het die drama in 2018 opgvoer. Terwyl 'n mens mag dink 'n drama, wat net bestaan uit klank, sal vir siggestremde mense makliker wees om op te voer, is dit nie so nie. Innovation for the blind het baanbrekerswerk gedoen om dit te laat gebeur. Ons gesels vanoggend met Stephné Botha, uitvoerende hoof van Innovation for the Blind.