Ons vier die 90ste bestaansjaar van die SAUK. Dis vanjaar ook 30 jaar gelede, dat RSG se naam van Afrikaans Stereo verander het na Radio Sonder Grense. 'n Afrikaanse radiodiens was 'n prioriteit toe die SAUK in Augustus 1936 gestig is, met 'n Afrikaanse diens wat in 1937 amptelik op die luggolwe gehoor kon word. RSG se vorige stasiebestuurder, Magdaleen Krüger, sluit by ons aan.