Sanparke se Ereveldwagters vier vandeesmaand hul 60ste bestaansjaar. Die Ereveldwagters is Sanparke se amptelike vrywilligersorganisasie. Die Ereveldwagters werk sedert 1964 onverpoos in die nasionale parke, en sedert 2016 word daar gemiddeld 285 000 ure per jaar deur vrywilligers bestee. Die geraamde waarde in tyd en bates wat aan Sanparke geskenk is oor dié tydperk, beloop meer as R500 miljoen. Ons praat met die voorsitter van Sanparke se Ereveldwagters, Paul Colditz.