Ons onthou hom as Spike in ORKNEY SNORK NIE, Septimus van Zyl, of Oubaas, in 7DE LAAN, en meer onlangs sy briljante spel as Hans in HANS STEEK DIE RUBICON OOR, 'n rol waarvoor Pierre van Pletzen talle benoemings ontvang het. Hy is al langer as 50 jaar in die vermaakbedryf, en ons is bevoorreg dat hy saam met ons kuier.