Die internasionale Chelsea-blommeskou van die Royal Horticultural Society begin amptelik môre, en Suid-Afrika se uitstalling sal weer groot belangstelling lok. Die uitstalling was in gedrang weens die gure Kaapse weer. Om oor Suid-Afrika se uitstalling te gesels, sluit Leon Kluge, die kurator van die Suid-Afrikaanse uitstalling, uit Londen by ons aan.