Op en WakkerOp en Wakker

CNN-stigter, Ted Turner, se nalatenskap

View descriptionShare
 
Bykans twee weke ná sy dood besin medialeiers wêreldwyd steeds oor die nalatenskap van Ted Turner, die man wat CNN gestig het en die hedendaagse 24 uur-nuusbedryf feitlik man alleen ontwikkel het. Die manier waarop nuus vervaardig, versprei en verbruik word, het danksy hom ingrypend verander. Gustav Greyling het met Robyn Curnow in New York gesels. Sy is ’n voormalige CNN-nuusaanbieder, het in Johannesburg grootgeword en haar loopbaan hier in Suid-Afrika begin. Robyn was vir langer as 20 jaar by CNN, en het deesdae haar eie potgooi op Substack.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 7,145 clip(s)