So met die feesjaar om Afrikaans se 100 jaar as amptelike taal te vier, wat einde se kant toe staan, kyk ons na een van die mees ondernemende projekte wat die afgelope jaar aangepak is. Rapport het die moed gehad om 'n projek te begin wat die top 100 Afrikaanse romans aangewys het. Dawie Boonzaaier van Rapport was een van die sameroepers van die paneel wat die oordeel moes fel.