Een van die magtigste mense in die wêreld. 'n Man wat presidente kon maak en breek. Wat homself al die Britse koningklikes se argwaan op die hals gehaal het. Fox News, Sky News, The Sun, The Times of Londen, The Wall Street Journal, New York Post, Boston Herald - die lys gaan aan en aan. Al hierdie publikasies en televisiekanale het een mens gemeen: Rupert Murdoch. Murdoch is een van die mees omstrede mediamagnate in die wêreld. Hy het vandeesweek sy uittrede uit sy maatskappye aangekondig. Ons praat hieroor met professor Johannes Froneman, mediakenner en kurator van mediamense.com.