Jy hoor gereeld haar naam na afloop van 'n nuusbulletin - Brenda Barlow Steyn. Brenda is al 28 jaar 'n nuusbulletinredakteur by die SAUK se Afrikaanse radionuus. Môre is Brenda se laaste dag by die SAUK. Sy gaan 'n welverdiende blaaskans neem, en tree af.