Sosiale media is aanvanklik deur voorstaanders daarvan beskou as ‘n demokratisering van menings – ‘n seepkis op die markplein van idees. Terwyl dit steeds daardie rol speel, het dit ook toenemend ‘n plek geword waar mense mekaar slegsê en aanval. RSG begin vandag ’n sosialemediaveldtog, en jy kan ‘n behoorlike koffiemasjien wen. Kobus Burger, RSG se programbestuurder, en Hannes Kruger, ‘n joernalis en RSG se sosialemediaspesialis, sluit by ons aan.