Vanjaar vier ons die 30ste aflewering van een van die oudste en mees gesogte skryfkompetisies in Afrikaans - ’n kompetisie wat geslagte skrywers bekendgestel het en steeds radiodrama as ’n kreatiewe medium vier. Van die land se bekendste skrywers, soos Chris Barnard, was al wenners, en vanjaar is daar méér prysgeld, méér wenners en nuwe geleenthede soos slypskole vir jong skrywers om hulle talente te slyp. Ons praat met RSG se programbestuurder, Kobus Burger, en Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW.