'n Derde van Suid-Afrikaanse kinders word aanlyn deur geweld, uitbuiting en mishandeling in die gesig gestaar, aldus 'n verslag deur UNICEF. Kinders is byna ononderbroke op 'n selfoon, tablet of rekenaar. Nou het Anke de Beer 'n program ontwikkel om kinders touwys te maak en op te lei om die aanlynwêreld beter te navigeer. Die program, Smart Device Licence, is onlangs bekendgestel.