Fluitspeler, komponis, Grammy-wenner, filantroop. Die wêreldbekende Wouter Kellerman, wat al drie Grammy-toekennings in die sak het, is gister deur president Cyril Ramaphosa by die Uniegebou in Pretoria met die Orde van Ikhamanga (goud), vereer. Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, is ook met dié orde vereer. Dit is die hoogste toekenning wat Suid-Afrika kán toeken. Ons gesels met Wouter oor dié eerbewys.