Die hoof van die grootste Christelike kerk in die wêreld, Pous Franciskus, is gisteroggend in die ouderdom van 88 in die Vatikaanstad oorlede. Hy was die geestelike leier van die Roomse Katolieke Kerk met sy sowat 1,3 miljard lidmate. Die Pous is as 'n progressiewe kerkleier beskryf. Hy is as Jorge Mario Bergoglio in Buenos Aires in Argentinië gebore en is in 2013 as Pous aangewys, na die bedanking van Pous Benedictus. Ons gesels hieroor met Neels Jackson, kerksakejoernalis en voormalige redakteur van Kerkbode

Rico se tweede kans word ’n kans vir Vrystaatse studente
11:58

In die kollig 2 – 19 Augustus 2026
01:09

UJ-koor op pad China toe om Afrika se stemme te laat hoor
09:40