Op en WakkerOp en Wakker

Politiek en geloof se impak op die samelewing

View descriptionShare
Politiek en geloof is die twee onderwerpe wat mense die vinnigste warm onder die kraag het, en die spreekwoord lui dis twee onderwerpe wat ‘n mens nie meng nie. Tog is hierdie onderwerpe amper altyd teenwoordig in ons lewe. Dit beïnvloed ons denke, optrede en vriendskappe. Politiek en geloof was in die verlede, en is steeds, so verweef en verstrengel, dat dit ‘n enorme impak op samelewings het. In Suid-Afrika het ons beleef hoe politici en kerke Apartheid met die Bybel regverdig en aanvat. Meer onlangs het ons gehoor dat die ANC sal regeer tot Jesus terugkeer. Met die verkiesing aanstaande jaar voor die deur, sluit dr. Ruhan Fourie, ‘n historikus verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, by ons aan om te gesels oor politiek en geloof wat dikwels om dieselfde tafel sit, en of dit oorwegend positief of negatief is.
  • Facebook
  • Twitter
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Op en Wakker

    2,923 clip(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Recent clips
Browse 2,926 clip(s)