Op en WakkerOp en Wakker

Palliatiewe sorg in Suid-Afrika

View descriptionShare
Die Hospies en Palliatiewe sorg-vereniging van Suid-Afrika se nasionale konferensie vind eersdaags in Kaapstad plaas. Palliatiewe sorg word wêreldwyd toenemend erken as ‘n mensereg. Benewens simptoombeheer, onder meer pynbeheer, behels palliatiewe sorg ‘n holistiese benadering wat nie net die pasiënt nie, maar ook die familie bystaan. Dit sluit psigiese en spirituele bystand in. Dit gaan oor die kwaliteit van lewe ná ‘n slegte diagnose en ook die kwaliteit van sterfte – om lyding te verlig vir die pasiënt en sy of haar naastes. Hanneke Lubbe is die stigter van Hospies Bloemfontein en ‘n palliatiewe sorg-spesialis. Sy dien ook op die raad van die Palliatiewe sorg-vereninging van Suid-Afrika.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

  1. Op en Wakker

    3,463 clip(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 3,466 clip(s)