Op en WakkerOp en Wakker

Oupoot, die Knysna-olifant, maak weer sy verskyning

View descriptionShare
Die skrywer, Dalene Matthee, het Suid-Afrikaners se verbeelding in die jare 80 aangegryp met haar boek. Kringe in ‘n bos. Dit handel oor die houtkapper, Saul Barnard, en ‘n olifant met die naam Oupoot. Alhoewel dit ‘n fiksieverhaal is, is die boek geskoei op ‘n ware karakter, Oupoot. Nou het dié Knysna-olifant weer sy verskyning gemaak. Die legendariese dier is onlangs op kringtelevisie gewaar waar hy rustig in die Knysna-woud wei. Die olifantbevolking het Ryno Joubert, ‘n voltydse onderwyser, se belangstelling geprikkel, en sedert 2018 het hy intense navorsing oor die Knysna-olifante begin doen. Hy publiseer volgende jaar ‘n boek daaroor. Ryno vertel wat hy kan uitvind van Oupoot.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 6,873 clip(s)