Die Suid-Afrikaanse Lugdiens se Helderberg, 'n Boeing 747-200 Combi, het op 28 November 1987, net meer as 200 kilometer van die kus by Mauritius in die see gestort. Al 159 mense aanboord is dood. Die ondersoek na die ramp het jare geduur, en nou is daar 'n opspraakwekkende dokumentêr wat op MNet uitsaai. Ons praat met die regisseur van die dokumentêr, Tim Apter, en die vervaardiger, Elle Oosthuizen.