Weeksaande skuins na 21:00 kan jy inskakel vir die nuwe laataandboekvoorlesing, TWA, DIE TYDLOPER deur Anoescka von Meck. Dis die verhaal van Twalie Albrecht, wat saam met haar pa Albert, Ma-Niggie en drie broers op ‘n afgeleë plaas in die verre Noordweste woon. Hulle is ’n geharde, eenkant gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar, en haar ma maak haar gedurig stil. Dan red die Namavrou, Letgoed, haar uit ’n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ’n magiese plek word. Hier maak tyd soms ’n deur agtertoe oop... Die bekroonde aktrise Miché van Wyk is die voorleser.