'n Koppie boeretroos en 'n sny melktert... min dinge is só lekker en bring soveel nostalgie en herinneringe. Dis vandag nasionale melktertdag in Suid-Afrika. Melktert kan ook 'n debat veroorsaak, met mense wat baie sterk gevoelens het oor wat as 'n melkterk kwalifiseer - van die kors, tot die bestanddele vir die beslag. Ons gesels hieroor met die sjef en melktertkenner, Mari-Louis Guy. Mari-Louis en haar broer, Callie Maritz, het 'n boek oor melkterte geskryf, DIE SUID-AFRIKAANSE MELKTERT-VERSAMELING.