Die olyfbedryf het geskitter by die Wes-Kaapse departement van landbou se prysuitdelingsfunksie vir vroue-entrepreneurs. Die kompetisie vier vroue in die landbouwaardeketting wat uitsonderlike bydraes lewer. Ons praat met twee van die uitblinkers, Wendy Petersen van SA Olive, en Adré Prins van Willow Creek, wat as die provinsie se beste vroue-landbouwerker aangewys is.