Van die vlaktes van die Vrystaat tot die golwe van die Atlantiese oseaan. 'n Handvol leerders en onderwysers van die Hoërskool Bultfontein in die Vrystaat, het eergister die yskoue Atlantiese oseaan aangedurf en van Robbeneiland tot Bloubergstrand geswem vir 'n goeie doel. Maar waar in die Vrystaat oefen 'n mens om seestrome te trotseer? En hoe het dit gegaan? Om dit vir ons te beantwoord, sluit Hoërskool Bultfontein se skoolhoof, Pieter van Zyl, by ons aan.