'n Nuwe internasionale klavierkompetsie word vandag bekendgestel. Die Kaapstad Internasionale Klavierkompetisie sal hom aansluit by van die top internasionale klavierkompetisies. Benewens uitvoerings in teaters, gaan daar ook op Tafelberg klavieruitvoerings wees! Dan is daar ook die opwindende Piano Graveyard Revival-projek. Ons praat hieroor met die artistieke direkteur van die kompetisie, die befaamde pianis professor Nina Schumann.