'n Konferensie om 'n nuwe, hoopvolle pad vir Suid-Afrika te karteer, vind Saterdag in Pretoria plaas. Die konferensie, Nation at a Crossroads, sal verskeie temas onder die loep neem. Ons praat met een van die organiseerders van die konferensie, professor Arno van Niekerk. Hy is 'n ekonoom verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat.