Oor 'n bietjie meer as 'n week sal jy 'n splinternuwe stem op RSG hoor. Sondae knap na 08:00, skuif AJ Maree agter die mikrofoon in as die nuwe aanbieder van Loof die Here, in die plek van Magdaleen Kruger, wat die program die laaste paar jaar aangebied het. Loof die Here is die tweede oudste program op radio en is uiters gewild. Dis die eerste keer in 1972 uitgesaai. Die eerste aanbieder was Fanie Smit, wat dit uiteindelik vir 44 jaar, tot 2016, aangebied het. AJ is die koorleier van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria.



