Nuuseum, wat beskryf word as ’n digitale argief vir die Afrikaanse kultuurerfenis, is pas amptelik bekend gestel. Van koerante en tydskrifte tot teater, film en familiegeskiedenis, bring die platform die rykdom van argiefmateriaal aanlyn sodat navorsers, kreatiewe mense en nuuskieriges dit maklik kan ontdek. Deur kosbare materiaal te digitaliseer, bestaande digitale inhoud in te samel, en voorheen afgeskeepte geskiedenis te dokumenteer, bring Nuuseum vir die eerste keer ’n unieke versameling op een plek saam. Ons praat hieroor met die medestigter, Karen Meiring.