Almal wil dalk ’n huisie by die see hê, maar dit blyk die Noord-Kaap is tans die eiendomsmark se grootste geheim. Eiendomspryse op plekke soos Upington, Springbok en Kimberley skiet die hoogte in, en nuwe kopers ontdek die voordele van ’n lewe op die platteland. Ons praat hieroor met Jaco Badenhorst, verkoopsbestuurder by Seeff Country, oor waarom al hoe meer kopers eiendomme op dorpe langs die N7 soek.