Die landbou-organisasies, AgriSA en Agbiz, sê hulle verwelkom die regering se besluit om die verlaging in die algemene brandstofheffing tot Junie te verleng. Dit bied broodnodige korttermyn-verligting te midde van wêreldwye olieprys-onsekerheid. Maar agter dié verligting lê toenemende kommer oor stygende insetkoste, onbetroubare brandstoftoevoer en geopolitieke druk. Ons praat hieroor met AgriSA se bedryfshoof, Jolanda Andrag.