Lanklaas het wetgewing in Suid-Afrika, oor grense heen, soveel opspraak verwek as die Nasionale Gesondheidsversekering-wet wat gister deur president Cyril Ramaphosa met groot fanfare by 'n mediakonferensie bekragtig is. Tientalle politieke partye en sake- en burgerregte-organisasies - links en regs op die politieke spektrum - het te velde getrek teen die wet, en is op pad hof toe. Die grondwetlikheid en bekostigbaarheid van die wet en stelsel word skerp bevraagteken. Ons praat hieroor met dr. Nicholas Crisp, adjunk-direkteurgeneraal verantwoordelik vir die NGV, van die Departement van Gesondheid.