Meer as 'n 172 jaar ná Jan van Riebeeck voet aan wal in die Kaap gesit het, is die eerste kervergadering in Suid-Afrika gehou - 'n vergadering wat vandag 'n sinode sou wees. Die eerste Kerkorde is in 1804 geskryf, maar die eerste kerkvergadering sou eers op Dinsdag 2 November 1824 plaasvind. In daardie stadium was daar reeds 14 gemeentes, waarvan 12 die vergadering bygewoon het. Die gemeentes was deel van die klassis, of ring, van Amsterdam in Nederland. Kollega Lizelle de Bruin het vroeër vanjaar met dr. Andrew Kok van die Kerkargief op Stellenbosch in haar program, Binnekamer, gesels.