Die NG Kerk in Namibië se sinodesitting wat gister in Windhoek ten einde geloop het, het besluit om weg te breek van die NG Kerk se Algemene Sinode in Suid-Afrika. Die skeuring volg op 'n proses wat drie jaar gelede, tydens die NG Kerk Namibië se vorige sinode, begin is weens ongelukkigheid, onder meer oor gay-verhoudings. Ons praat hieroor met die aktuarius van die NG Kerk in Namibië en predikant van Swakopmund, ds. Kenneth McKenzie.