Dis Vrouemaand. Ons praat oor die nalatenskap van die baanbreker-argitek en moeder van Anglikaanse Kerk-argitektuur, Sophia Gray. Sophia was ook die eerste vroue-argitek in Suid-Afrika. Al het sy geen formele opleiding gehad nie, bly haar bydrae feitelik ongeëwenaard tot die Suid-Afrikaanse argitektuurlandskap. Om met ons hieroor te praat, sluit Albert Geldenhuys by ons aan. Albert doen jare lank al argitektuurnavorsing as 'n stokperdjie.