Terwyl die familie van Anroux Kruger steeds worstel met vrae ná sy dood in ’n hotelkamer in Bangkok, neem kommer toe oor die groter veiligheidsprentjie vir buitelanders. In die laaste jaar alleen is verskeie toeriste in soortgelyke omstandighede in Thailand dood, met vermoedens wat wissel van drankies wat gedokter is tot dwelmvergiftiging. Dit laat mens wonder: watter risiko’s loop Suid-Afrikaners werklik wanneer hulle in die buiteland reis? Wat moet families weet wanneer ’n geliefde skielik onder sulke omstandighede sterf? Ons praat hieroor met Mike Bolhuis, ’n private ondersoeker.