Die groep, Afrikaners vir Suid-Afrika, het onlangs 'n afvaardiging gestuur om met die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Brent Leo Bozell III, te vergader. Die groep wou 'n alternatiewe weergawe van Afrikaners se leefwêreld in Suid-Afrika, as dié van Solidariteit, aan Bozell oordra. Die besoeke aan die ambassadeur kom nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, 'n uitvoerende bevel uitgereik het om aan Afrikaners en later ook ander minderhede in Suid-Afrika, vlugtelingstatus in Amerika te verleen. Een van die lede van die afvaardiging wat met Bozell vergader het, is Barend le Grange.