Ná byna 40 jaar by die SAUK se radionuusafdeling, verbaas min nuusgebeure 'n mens seker. Helena van Vuuren, bulletinredakteur van die Afrikaanse radionuus by die SAUK, tree volgende week ná 39 jaar se diens by die SAUK af. Helena het nie net die nuus geskryf en 'n span nuusskrywers gelei nie, jy kon haar die laaste paar jaar sporadies, ook die sesuur-nuus soggens hoor lees.