Die nagevolge van verlede week se gebeure in die Johannesburgse metroraad is aan die uitkring. Dit lyk op die oog af asof die geslaagde mosie van wantroue in die vorige burgemeester, Mpho Phalatse, moontlik iets in die DA se interne politiek geskuif het. Sy wil nou John Steenhuisen as leier uitdaag. Ons gesels met Gert van der Westhuizen, Netwerk24 se politieke redakteur, oor ‘n besige week in stadspolitiek wat tot op provinsiale en nasionale vlak beroeringe veroorsaak.