'n Dag nadat Eskom gedreig het om die Johannesburg-metro se elektrisiteit af te sny, het die burgemeester, Dada Morero, 'n rooskleurige prentjie oor die stand van sake in die Goudstad geskets. Die dreigbrief van Eskom oor die metro se elektrisiteitskuld, kom kort nadat die Minister van Finansies die metroraad uitgetrap het oor skuld van meer as R25 miljard. Ons praat hieroor met professor Erwin Schwella, ‘n sosiale innovasie-kundige, verbonde aan die Civinovus Sosiale Innovasie Internasionale Kennissentrum.