Op en WakkerOp en Wakker

Marlene Dumas se werk in Louvre-versameling opgeneem

View descriptionShare
 
Die Suid-Afrikaanse kunstenaar, Marlene Dumas, het weer geskiedenis gemaak toe haar werk in die permanente versameling van die besigste kunsmuseum in die wêreld, die Louvre in Parys, opgeneem is. In Mei vanjaar, is een van die 72-jarige Dumas se skilderye, Miss January, vir 'n rekordbedrag van $13,6 miljoen op 'n veiling verkoop. Om in die permanente versameling van die Louvre opgeneem te word, het nog min mense te beurt geval. Dumas is die eerste vroulike, kontemporêre kunstenaar wie se werk opgeneem is. Om met ons hieroor te praat, sluit Wilhelm van Rensburg van Strauss & Co by ons aan.
  • Facebook
  • X (Twitter)
  • WhatsApp
  • Email
  • Download

In 1 playlist(s)

Op en Wakker

Op en Wakker is 'n ontbytprogram met al die inligting, vermaak en opheffende inhoud wat jy nodig het 
Social links
Recent clips
Browse 7,023 clip(s)