Afrikaans se eie Paul Newman, met die truuks van Harrison Ford. Die legendariese Marius Weyers het vroeër die week 80 jaar oud geword. Hy het in tientalle verhoogstukke, rolprente en televisiereekse gespeel en het selfs in die Hollywood-sitkom, The Golden Girls, 'n draai gemaak. Chris Vorster, self een van ons talentvolste akteurs, is 'n vriend van Marius, en het in 2023 'n omvattende biografie oor Marius die lig laat sien.