Oor 117 dae, op 4 November, vind Suid-Afrika se plaaslike verkiesings plaas, wat allerweë beskou word as nóg 'n waterskeidingsverskiesing sedert die aanbreek van demokrasie. In die aanlop tot die verkiesings is die geleenthede geil vir fopnuus. Om ons te help hiermee, sluit Gert van der Westhuizen, Netwerk24 se politieke redakteur by ons aan.