Voetspore se Johan Badenhorst stuit nie vir 'n uitdaging nie. Op 'n ouderdom wat die meeste mense al afgetree is, het Johan en sy span die byna ondenkbare aangepak - hulle het Rusland per voertuig gaan verken. Tydens 'n vroeëre avontuur het die Voetspore-span byna die hele Suid-Amerika plat gery, en onder meer aangedoen by die laaste groepie Afrikaners in Argentinië. 'n Reeks word binnekort daaroor op kykNET uitgesaai. Om oor Rusland en Argentinië te gesels, sluit Johan, al die pad uit Rusland, by ons aan.