'n Video van 'n woedende vrou wat in 'n tak van Binnelandse Sake op 'n stoel klim en beweer mense betaal R150 omkoopgeld om vinniger gehelp te word, is die afgelope week op sosiale media versprei. Dít terwyl die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, hoog opgee oor die stryd teen korrupte amptenare in sy departement. In reaksie op die video het die departement gesê dit is swendelaars wat nie amptenare van Binnelandse Sake is nie. Om ons te help verstaan wat hier gebeur het, sluit die politieke redakteur van Netwerk24, Gert van der Wetshuizen, by ons aan.