Die Ebola-virus, 'n dodelike virus wat al oral in die wêreld lewens geëis het, is die bron van baie fopnuus, soos met die Covid-19-virus destyds. Tog kan dit 'n impak hê op die span van die Demokratiese Republiek die Kongo, se Sokkerwêreldbekerdrome. Tientalle mense in die DRK is reeds deur die virus geïnfekteer en mense is al dood. Om vir ons te help met wat fopnuus is en wat feite, sluit Gert van der Westhuizen, Netwerk24 se politieke redakteur, by ons aan.