Om Wêreldradiodag te vier, het RSG die dokumentêr, Die skatkis van die SAUK, uitgesaai. Dit handel oor die SAUK se klank- en TV-argief. In die dokumentêr wat Elsje van Jaarsveld saamgestel het, is daar 'n voorsmakie van 'n episode van Leon Schuster se Vrypostige Mikrofoon, wat in Januarie 1978 uitgesaai is. Ons luister na die hele poets wat Leon Schuster gebak het.