Stefaans Coetzee is een van die produktiefste skrywers in Afrikaans. Sy jongste boek, SEL SES, het onlangs verskyn, en binnekort kan jy sy debuut-radiodrama, DIE LAASTE ONTSNAPPING, op RSG hoor. Stefaans se lewensverhaal is 'n merkwaardige storie van val en opstaan. Hy het 'n groot deel van sy lewe in 'n kinderhuis groot geword, het 'n bom op Oukersdag in 1996 by 'n Shoprite in Worcester geplant, is tronk toe en is vandag 'n skrywer, 'n man vir Deirdre en 'n pa van 'n seun. Hy het land en sand met Pieter Steyn gesels.