Sy ma het vir hom Suikerbossie gesing, en dit was sy eerste kennismaking met Afrikaans. Nou, vir drie dekades al, het hy ‘n liefdesverhouding met die taal. Stef Bos het sy eerste Afrikaanse liedjie op die vliegtuig geskryf, toe hy die eerste keer op pad Suid-Afrika toe was. Dit het uiteindelik Taal van My Hart, een van sy groot treffers geword. Hy het land en sand met Pieter Steyn oor Afrikaans, PW Botha, musiek, lirieke en poësie gesels.