Die leier van die DA, John Steenhuisen, het onlangs gesê sy party moet ondersoek instel oor waarom die party in onlangse tussenverkiesings teen Gayton McKenzie se Patriotic Alliance verloor het. Intussen loop Knysna se krane droog, en daal al die damvlakke in die Wes-Kaap. Die Wes-Kaapse regering beplan glo om 'n provinsiale ramptoestand te verklaar weens die droogte en die verwoestende brande van die afgelope tyd. Ook misdaad in die provinsie is ’n probleem, en die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, wil met die nasionale ministers van polisie en samewerkende regering hieroor vergader. Ons praat met die uitvoerende voorsitter van Kaapse Forum en stigter van die aanlynpublikasie, Mondstuk, Heindrich Wyngaard.