Suid-Afrika gaan ‘n kouer winter as gewoonlik hê, volgens ‘n WhatsApp-boodskap wat die ronde doen. Die boodskap verwys na die Aphelion-verskynsel waar die aarde verder van die son af is. Prof. Pieter Kotzé, buitengewone professor aan die NWU se sentrum vir ruimtenavorsing, verduidelik wat dié verskynsel is, en dat dit niks met koue temperature op aarde uit te waai het nie.