Daar doen al weer 'n WhatsApp-boodskap die ronde wat waarsku dat dit een van die koudste winters nóg in Suid-Afrika sal wees, en dat mense op strepe ernstige griep sal opdoen. Volgens die boodskap is dit tyd vir die Aphelion-verskynsel, en dit sal tot Augustus erge koue veroorsaak. Ons praat hieroor met professor Francois Engelbrecht van Wits se Global Change-instituut.